Author Topic: Good Deed :P  (Read 2971 times)

Ampdog

  • Global Moderator
  • *****
  • Posts: 3,239
Re: Good Deed :P
« Reply #15 on: January 02, 2010, 04:55:11 pm »
On a different note. I do put the toilet seat down sometimes.

Excellent!

(And that is a good deed, how?)
Judging a person does not define who he is; it only defines who you are. (Anon)

Ampdog

  • Global Moderator
  • *****
  • Posts: 3,239
Re: Good Deed :P
« Reply #16 on: January 02, 2010, 04:57:16 pm »
Before or after?   ;D ;D
-F_D

He said the seat lapdog - not the cover!
Judging a person does not define who he is; it only defines who you are. (Anon)

johnc

  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 574
Re: Good Deed :P
« Reply #17 on: January 21, 2011, 10:27:33 pm »
Give a man a fish and you feed him for a day. Teach a man to fish and you feed him for a lifetime.
Reminds me of something Terry Pratchett said:
"Build a man a fire, and he'll be warm for a day. Set a man on fire, and he'll be warm for the rest of his life."

Heinrich

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 438
  • uhm......
Re: Good Deed :P
« Reply #18 on: February 25, 2011, 09:45:05 am »
just a nice read


Die Besembestuurder

'n Ware storie daar vanuit Bethlehem , Vrystaat, se wêreld...

Ek kom vanoggend so 07:15 by die werk, sluit my werkswinkel oop en dank my Hemelse Vader vir die werkswinkel, gesondheid en omdat ek SY vrede en
vreugde ervaar.

Die eerste kliënt kom vinnig nader en klim uit sy motor met 'n Wimpy koffie in sy hand en kla dis nie meer die koffie van ouds nie.. 'n ander persoon wat ek ken
kom van die slaghuis af opgestap met 'n pakkie vleis en al kouende aan sy biltong grom-groet hy so asof dit 'n stryd is om te lewe.

Ek besluit vandag wil ek luister en ek het goed geluister...

Dit is nou 18:00, en ek wil jou vertel wat ek vandag gesien en ervaar het.

Ouens met baie geld kla oor pryse wat te hoog is. Die biltong man sê daar is amper geen vleis op die rakke nie. Die ander ou kla oor ou brood en 'n ander oor
'n koue hamburger wat hy wil vat en in Steers se manager se dinges wil opdruk. My suster kla oor haar CD speler wat skoongemaak moet word en dit kos
R 80-00 wat sy nie kan betaal nie, want sy het nie geld nie.

Ek vertel jou kortliks wat ek vanoggend gesien en ervaar het. Die mense kla en kla en ek wens hierdie klakouse met wie ek net vandag te doen gehad het kon
sien en ervaar wat ek vroegoggend gesien het - ek wonder waaroor hulle dan sou kla. Terwyl die ou oor sy koue hamburger kla, vang my oog 'n ou kleurling
wat in die slaghuis se vullis sakke krap. Hy krap iets uit, ruik daaraan, hap en sluk sonder om te kou.

Ek stap nader na hom. Môre, groet ek. Wat is jou naam?
My naam is Abraham my lanie, antwoord hy.

Nou wat doen jy so vroeg hier tussen die ou vrot goed ou Abraham?
Ek is honger my lanie.

Maar ou Abraham, die goed is vrot.
Ek weet my lanie, maar die Jere het nog nie vandag vir my 'n ietsie afgegooi nie, maskien Hy is kwaad vir my.

Ou Abraham, hoekom vra jy nie vir geld as jy iets wil koop om te eet nie?
Ek het my lanie, maar daardie man, (en hy wys na die biltong eter,) hy het my amper netnou gaslaan, hy sê ek moet voetsek!

Hoe oud is jy Abraham?
78 my lanie.

Waar bly jy Abraham?
Daar bo teen die berg. (Dis 8 km).
En jou mense, ou Abraham?
Net my vrou bly by my, mar sy bene kan nie meer werk nie nou kan sy nie uit die huis kom nie.

Kry jy oumens pension, Abraham?
Nee my lanie, nog nie, maar Mandela sal nog plan maak, so ek wag maar!

Abraham se broek is nie meer 'n broek nie - sy skoene het nie sole nie en daar is iets aan sy lyf wat dalk lank terug 'n hemp kon gewees het. Ek vra in my binneste 'Here, wat nou?' maar ek kry geen antwoord nie, ek hoor niks.

Ou Abraham, ek dink regtig nie die Here het van jou vergeet nie.
Ja my lanie.

Die ou oë is glasig en dof, sy kop hang al vooroor soos hy jare lank al probeer om naby hom te sien. Die vullis wa trek in om die vullis te verwyder, en die manne verskreeu ou Abraham.

Waarnatoe gaan jy nou, ou Abraham?
Ek gaan brood soek om huis toe te vat my lanie - ek het klaar 'n
kannetjie vir die water.

Ou Abraham het 'n glimlag om sy geplooide mond.
As my lanie wil kan ek 'n besem bestuur en die plek mooi skoon vee vir 'n stukkie brood.

Ek dink by myself: 'Is dit nou U Here wat deur Abraham praat?'

Ou Abraham, is jy seker jy het 'n liksens om die besem te bestuur?
Ja my lanie, my vrou het dit vir my gagee toe sy bene siek geword het.

Dis goed so Abraham, die mense jaag jou oral maar vandag het die HERE jou 'n groot werk gegee - jy is van vandag af die 'General Manager' van die besems;
jy is die Baas van die besems; hierdie besems gaan vir jou koffie gee in die plek van water. 'n Manager moet ook mooi skoon aantrek en 'n geldjie hê vir die
ou vrou by die huis. Ek sien jy is 'n man wat vir ons nog baie in die toekoms gaan leer oor die lewe, ou Abraham
Kan ek elke dag inkom my lanie?
Ja Abraham, want Vrydae kry die Besem Managers 'n lekker Wimpy ontbyt en Besem Managers werk net van 8 - 11, want Besem Managers het tyd nodig vir hulle siek vrouens.

Is reg so my lanie, ek sien nou die Jere het 'n ander plan gahad vadag en ampor dink ek Hy het my en die ou vrou gavageet. Jammer Jere omdat ou Abraham nie reg vastaan het nie.

Ek is die Here my God vandag so dankbaar vir iemand wat nie oor biltong kla nie, iemand wat nie oor leë rakke in die vleismark kla nie, iemand wat
nie oor koue hamburgers en koffie kla nie. Ek is my Vader so dankbaar dat Hy ou Abraham nie vergeet het nie.
Doen my, jouself en ander 'n guns - en probeer net een dag niks kla nie, want ou Abraham was vandag vir my so 'n groot inspirasie. 'n 78 jarige half blinde man met toiings aan sy lyf wat nog steeds glimlag!!!!!!!!!!

En ek sê met trots - vandag het ek 'n waardige, my beste ooit,
besembestuurder gekry!

Die Here is vir ons so goed en as ek voel dit druk, kyk ek na my besembestuurder en ek weet - ek het mos niks om oor te kla nie...

May God give you...For every storm, a rainbow, For every tear, a smile,
For every care, a promise, And a blessing in each trial.
For every problem life sends, A faithful friend to share,
For every sigh, a sweet song, And an answer for each prayer.

Touch someone with your love. Rather than focus upon the thorns of life, smell the roses and count your blessings!
if you listen long enough , even guy's have something to say.

surfsup

  • Sr. Member
  • ****
  • Posts: 477
Re: Good Deed :P
« Reply #19 on: August 26, 2011, 01:39:03 pm »
I want to thank all those sellers in the classifieds who let other forumites with little money, to buy on lay buy.

Like me!  ;) ;)
In the land of the blind, the one eyed man is king!