Jy het so pas my Droom Bubble gebars!!!
Ek wil nie sulke goed hoor nie. My Amplifier is good, my room is perfect!! Now We only need the Speakers. Send Me your pic's. 
Jacques, ek probeer net keer dat jy nie in dieselfde slagyster as so baie ander trap nie. Ja, jou versterker is goed op papier maar of jou luisterkamer egter so perfek is soos jy dink is 'n ander vraag. In baie posts word daar gepraat van die effek wat 'n kamer op klank het en daar is mense wat baie geld spandeer om goed soos klankweerkaatsings te kanseller en bass traps te bou om die bas te beheer.
Ek se weereens die perfekte luidspreker(of ander audio toerusting) bestaan nie, maar jy kan 'n baie goeie stel opbou deur "synergy" tussen die verskillende komponente te kry en dit gaan jy alleenlik kry deur te luister, luister, luister alvorens jy enige geld uitgee.
If anybody needs a translation, I will gladly oblige
